Inconsumercomplaints.com » Career & Work » Review / complaint: Family pick n pay supermarket Lydenburg mp - Unfairness and rudeness towards employees, customers | News #220977

Family pick n pay supermarket Lydenburg mp
Unfairness and rudeness towards employees, customers

Wie dit mag aangaan:

Ek rig die e-pos namens al die werkers van family pick n pay supermarket by Lydenburg tak mpumalanga distrik, ek het ook vir die firma gewerk paar jaar gelede, eerstens voel ek die salaris is pateties veral vir die ure wat hulle moet werk, die ongeskiktheid teenoor kasieres en verpakkers asook die ander personeel in die winkel, my dogter werk tans as kassiere by die bogenoemde firma, sy het net daar begin werk toe sy siek begin word het en ons het gaan vra of sy die saterdag mag af vat en sal dan die maandag weer terug wees op haar pos, en op n ongeskikte manier is gese sy kan maar sommer wegbly en nie nodig om weer terug te kom nie, ek het dieselfde dag n mediese brief in gedien, sy is toe terug werk toe die maandag.

Sy het eergister haar deoderant in haar handsakkie gesit en nie tydens etenstyd saam gevat nie en die aand na werk is hulle deursoek

en die blikkie was nie geteken deur n sekuriteitswag nie, en hul het nie eers die ordentlikheid om op die kamerastelsel te kyk of sy die produk gesteel het nie, ek het kruideniersware by n ander supermark gekoop en onder andere die deoderant vir haar, en dit raak nou daagliks dat die bestuurs personeel op haar pik. Soos ek se ek het ook vir die firma gewerk n jaar lank en as hul iets teen jou het, dan is hulle ekstra ongeskik, dit word sommer afgedank soos dit hulle pas want hul besef mense wit of swart is verlee oor werk so hulle kom daarmee weg met alles want daar is toeloop op aansoeke vir werk dit pla hulle glad nie.

Ja hul het hul goeie punte en werke dalk maar hulle optrede teenoor pary personeel en kliente is ongeskik. En ja daar is ook ongeskikte kliente wat oor alles ontevrede is en gaan maak n ophef oor simpel dinge en dan word die werkers sleg behandel en gedreig op afdankings en waarskuwings briewe, die kind is elke dag op tyd by die werk, ek weet ook van een voorval dat sy in die week n denim broek gedra het en sy is huis toe gestuur en uitgetrap daaroor, maar op dieselfde dag het een van die swart werkers ook n denimbroek gedra tot toemaak tyd.

Daar is ook niemand op die vloer om kliente diens te lewer nie, hoekom is mense bang om dinge oor die tak te rapporteer? Hulle mense verhoudings is baie oneties, ja hulle moet streng wees maar dit is nie nodig om ongeskik te wees nie. Dit is almal mense wit en swart maak nie saak nie is dit teen die wet om teen ongeregtigheid op te tree? Die werkers is bang om iets te se want dit is hulle werk wat op die spel is en soos ek gese het as daar eers iets teen jou begin tel is dit verby, en die hoer posisies is gevul deur familie lede al is dit n family pick n pay supermark, gaan dit nou maar net meer en meer korrup raak in ons land en in besighede en net oorgesien word?

Ons is dankbaar vir werke vir almal maar geregtigheid moet tog geskied. Dit lyk in teendeel of die werkers eerder inkopies doen daar soos wat hulle kom en gaan, en veral die wit en of jong meisies behou nie hulle werke daar nie hoekom nie?


Company: Family pick n pay supermarket Lydenburg mp

Country: India

Category: Career & Work

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google